Brei virtuele kultuurburgerskap deur MyHartland wêreldwyd uit
MyHartland bied ʼn digitale tuiste waar Afrikaners wêreldwyd weer deel kan word van iets groter. Deur hierdie virtuele kultuurburgerskap brei ons ’n netwerk van verbondenheid, waardes en herinneringe uit, oor grense heen. Hier kan jy behoort, bou, en bydra tot die voortbestaan van jou kultuur, al woon jy duisende kilometer van Suid-Afrika af.
Munispale dienste verbetering
Munisipaliteite is die vlak van regering wat mense daagliks raak, maar faal dikwels in hul grondwetlike pligte. AfriForum se reaksie hierop is tweeledig: druk op die owerhede én selfbestuur deur gemeenskappe. Deur korrupsie aan te vat en basiese dienste soos water, elektrisiteit en paaie te herstel, vul AfriForum die leemtes. Ons bied ook praktiese oplossings […]
Erfenisbewaring: Voortrekker Monument
Die Voortrekkermonument is meer as net ʼn gebou – dit is ’n lewende simbool van Afrikaner, ons stryd, ons oorlewing en ons geloof. Die monument vertel die verhaal van ’n volk se stryd om vry te wees, en staan as ’n tasbare anker van ons kultuurerfenis. Die bewaring daarvan is ’n daad van verantwoordelikheid teenoor […]
Bevordering van die Afrikaanse taal
Die Solidariteit Beweging bevorder Afrikaans doelgerig en geïntegreerd deur kultuur, media en moedertaalonderrig. Maroela Media se digitale platform bring daagliks nuus, menings en stories in Afrikaans na duisende lesers. AfriForum Teater vier Afrikaanse kreatiwiteit met verhoogproduksies en die Afrikaans100-projek vier 100 jaar van amptelike taalstatus, maar fokus veral op die toekoms van Afrikaans. Die FAK […]
Regsfonds om raskwotas en korrupsie te beveg
Slaan terug teen korrupsie en diskriminerende beleide; staan op teen wanbesteding en swak regering. Jou betrokkenheid help hofsake voer, instellings bou en maak die gemeenskap sterk! Die Solidariteit Regsfonds is tot stand gebring omdat Solidariteit ten doel het om ons mense se regte te beskerm. Vinnige feite 200 000+ lede 34 regstellendeaksiesake 87% van alle regsgedinge […]
Studiefonds vir behoeftige studente
Ons droom vir die Helpende Hand studietrust is dat elkeen wat wil studeer dit moet kan doen. Ons wil verdienstelike studente met studiehulp help om hulle volle potensiaal te verwesenlik. Ons wil jongmense nie net vir hul beroepe op lei nie, maar hulle ook met kennis toerus sodat hulle hul roeping kan uitleef sodat hulle nie […]
Akademia-kampus bouprojek
Die Akademia-kampusprojek is die grootste projek wat tot dusver deur die Afrikaanse gemeenskap sonder staatshulp aangepak is sedert die bou van die Voortrekkermonument. Vinnige feite word gewerf om die totale projek suksesvol te voltooi. R3 miljard + is nodig om fase een van die projek af te handel. R1.8 miljard ontwikkeling van ‘n hoëronderwysinstelling, koshuis en […]
Afrikaanse onderwys
Beskerm en bou aan die toekoms van Christelike, Afrikaanse Onderwys. Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) werk om die toekoms van Christelike, Afrikaanse onderwys te verseker deur gehalteonderrig wat reeds bestaan in stand te hou, én waar nodig nuut te bou. Om gehalte Afrikaanse onderwys – en daarmee saam Afrikaanse gemeenskappe – in die langtermyn volhoubaar te […]
Plaas- en gemeenskapsveiligheid
Veiligheid skep uitdagings in Suid-Afrika. Goeie veiligheidstrukture op gemeenskapsvlak help om hierdie uitdaging aan te pak. AfriForum het reeds meer as 170+ buurtwagte reg oor die land op die been gebring en die teenwoordigheid van dié buurtwagte lei gereeld tot beter veiligheid, die voorkoming van misdaad en die aankeer van verdagte persone. Finansiële ondersteuning stel […]
Noodvoeding by behoeftige Afrikaanse skole: Kosblikkie projek
Die Solidariteit Helpende Hand #StopHonger en die Kosblikkie-projek is daarop gemik om te sorg dat kleuters daagliks ‘n voedsame bord kos ontvang. Die hooffokus van die projek is om behoeftige kleuterskole met die voeding van kleuters te ondersteun. Vinnige feite 8,000 kinders daagliks gevoed