Die Voortrekkermonument is meer as net ʼn gebou – dit is ’n lewende simbool van Afrikaner, ons stryd, ons oorlewing en ons geloof.
Die monument vertel die verhaal van ’n volk se stryd om vry te wees, en staan as ’n tasbare anker van ons kultuurerfenis. Die bewaring daarvan is ’n daad van verantwoordelikheid teenoor ons geskiedenis, ons kinders en hul toekoms. Deur die Voortrekkermonument te ondersteun, help jy om ons verhaal lewendig te hou en nuwe geslagte te inspireer.
Die Voortrekkermonument ontvang geen staatsbefondsing soos Freedom Park nie, en maak uitsluitlik staat op sy eie inkomste. Elke bydrae maak ’n verskil!
Staan saam met ons, en bou saam aan ’n toekoms waar ons geskiedenis nie vergete gaan nie, maar met trots en eer voortleef.
Vinnige feite
Die monument staan 40m hoog
(sowat 9 verdiepings)
Besoekers jaarliks
250,000 tot 300 000
Wat deel vorm van die Voortrekkermonument-Erfenisterrein
Monument staan op ongeveer 240 hektaar