Ons droom vir die Helpende Hand studietrust is dat elkeen wat wil studeer dit moet kan doen. Ons wil verdienstelike studente met studiehulp help om hulle volle potensiaal te verwesenlik.
Ons wil jongmense nie net vir hul beroepe op lei nie, maar hulle ook met kennis toerus sodat hulle hul roeping kan uitleef sodat hulle nie net ‘n werk kry nie, maar eerder ʼn suksesvolle loopbaan kan hê.
Die hart van die Studietrust word weerspieël in die kragtige simboliek van
“SEWE GENERASIES VAN HOOP GEGROND IN STUDIE”.
Vinnige feite
R340 miljoen in 16 jaar toegeken
7 000 behoeftige studente bygestaan