Beskerm en bou aan die toekoms van Christelike, Afrikaanse Onderwys.
Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) werk om die toekoms van Christelike, Afrikaanse onderwys te verseker deur gehalteonderrig wat reeds bestaan in stand te hou, én waar nodig nuut te bou.
Om gehalte Afrikaanse onderwys – en daarmee saam Afrikaanse gemeenskappe – in die langtermyn volhoubaar te maak, ondersteun die SOS openbare skole, maar help ook bou aan ʼn wêreldklas, onafhanklike skoolstelsel wat tegnologiese oplossings optimaal benut, moedertaalonderrig bevorder en gesonde kultuur- en waarde-oordrag verseker.
Vinnige feite
16 Vakverenigings
9 000 Onderwysers in die netwerk
40 000+ Kinders gebruik Die Wolkskool
5-10% Prestasieverbetering by skole