Veiligheid skep uitdagings in Suid-Afrika. Goeie veiligheidstrukture op gemeenskapsvlak help om hierdie uitdaging aan te pak.
AfriForum het reeds meer as 170+ buurtwagte reg oor die land op die been gebring en die teenwoordigheid van dié buurtwagte lei gereeld tot beter veiligheid, die voorkoming van misdaad en die aankeer van verdagte persone.
Finansiële ondersteuning stel AfriForum in staat om ons gemeenskappe te beveilig. Geld word aangewend vir onder meer opleiding, die aankoop van verkeerskegels, kolligte, patrollieligte, handradio’s, pepersproei, glimbaadjies, asook die oprigting van herlaaiertorings (radiotorings), en ander toerusting.
Suid-Afrikaanse boere word daagliks deur plaasaanvalle bedreig.
Hoewel die nuutste syfers, soos elke jaar, skokkend is, weier die regering steeds om plaasaanvalle en -moorde as prioriteitsmisdade te hanteer. AfriForum skep egter hoop deur veiligheidstrukture te skep om die veiligheid van mense op plase te verbeter. Dié burgerregteorganisasie se nuutste statistieke wys ook dat plaasaanvalle toeneem, maar plaasmoorde afneem, wat daarop dui dat plaasgemeenskappe besig is om meer weerbaar te word. AfriForum het verder omvattende bewusmakings-, veiligheids-, voorkomings- en ondersteuningsveldtogte op plaaslike, nasionale en internasionale vlak van stapel gestuur.
Vinnige feite
1 800Plaasaanvalle sedert 2019
170+ Buurtwagte reg oor Suid-Afrika