Munisipaliteite is die vlak van regering wat mense daagliks raak, maar faal dikwels in hul grondwetlike pligte. AfriForum se reaksie hierop is tweeledig: druk op die owerhede én selfbestuur deur gemeenskappe.
Deur korrupsie aan te vat en basiese dienste soos water, elektrisiteit en paaie te herstel, vul AfriForum die leemtes. Ons bied ook praktiese oplossings soos vullisverwydering in Pretoria en Bloemfontein, het herwinningsprojekte en het onlangs selfs ʼn eie brandweer gestig – ʼn daadwerklike belegging in selfstandige dienslewering.
Vinnige feite
160+ Aktiewe take
315 000 Lede