Deel 'n koffie met 'n
Afrikaanse student
Deel ʼn koffie met ʼn
Afrikaanse student
‘n Koppie koffie is deel van jou dag.
Wat as dit ook ‘n student se toekoms kan help bou?
Met die waarde van net een koppie koffie per week kan jy ‘n Afrikaanse student in Suid-Afrika help met noodsaaklike uitgawes soos kos, verblyf, handboeke en vervoer.
Jou volgende koppie koffie kan ʼn verskil maak!
Hoeveel koppies koffie wil jy per week deel?
Met die waarde van net een koppie koffie per week kan jy ‘n Afrikaanse student in Suid-Afrika help met noodsaaklike uitgawes soos kos, verblyf, handboeke en vervoer.
Jou volgende koppie koffie kan ʼn verskil maak!
Hoeveel koppies koffie wil jy per week deel?
'n Student se uitgawes eindig nie by klasgelde nie
Verblyf
Kos
Vervoer
Handboeke
Mediese uitgawes
Toerusting (rekenaar, wifi, ens)
Jou bydrae in aksie
Jou koppie koffie kan haar help.
Praktiese voorbeelde
Voorbeeld: Vervoer
Jou koffie kan hom help om by die kampus uit te kom.
ʼn Student wat 15km van die universiteit woon, bestee ongeveer R1 270 per maand aan brandstof om daaglikse klasse by te woon.
Deur die waarde van net een koppie koffie per week (± A$20 per maand) te deel, kan jy help met byna ’n volle week se vervoerkoste.
’n Klein bydrae van jou. ’n Groot verskil vir ’n student.
*Hierdie is slegs ʼn illustratiewe kostescenario bereken teen R30,25 per liter vir binnelandse Petrol ’95 en ʼn brandstofverbruik van 7l / 100km.
Voorbeeld: Oorlewingskoste
Jou koffie kan help om kos op haar tafel te sit.
Nadat klasgelde betaal is, kan die student se maandelikse lewenskoste tot R17 600 beloop. Hiervan word tussen R3 000 en R4 500 aan kruideniersware bestee.
Deur die waarde van net een koppie koffie per week (± A$20 per maand) te deel, kan jy help met ongeveer drie dae se kruideniersware.
*Illustratiewe voorbeeld gebaseer op Akademia se verslag oor studenteoorlewingskoste (2026), met kruideniersware van R100 tot R150 per dag. Die bydrae se waarde in rand hang van die wisselkoers af.
Vinnige vrae
Waarvoor word die bydraes gebruik?
Die bydraes wat ons ontvang, word na die Studente Hulpfonds oorbetaal. Hierdie fonds word deur Solidariteit Helpende Hand bestuur en help behoeftige Afrikaanse studente in Suid-Afrika met addisionele, noodsaaklike finansiële ondersteuning soos onder meer verblyf, kos, mediese uitgawes, handboeke en vervoer. Hierdie is tipies uitgawes wat nie oor die algemeen deur studentelenings of beurse befonds kan word nie. Die fonds poog om finansiële struikelblokke wat die student se vermoë om te studeer of klasse by te woon, uit die weg te ruim.
Waarvoor word die bydraes níe gebruik nie?
Die fonds word níe gebruik om gewone klasgelde, luukse of nie-noodsaaklike uitgawes, persoonlike skuld of uitgawes wat reeds deur ʼn ander Helpende Hand-struktuur, instelling of fonds gedek word, te betaal nie. Kontantbetalings word ook nie as reël direk aan die student oorbetaal nie, maar eerder aan die betrokke diensverskaffer, soos bv. die koshuis of ʼn mediese dokter.
Waarom wys die betaalblad Rand?
Hierdie veldtog kuier tans by Afrikaners in Australië en daarom gebruik ons tans Australiese dollars om die koffiebydrae te verpak. Die betaalplatform verwerk egter die betaling in Suid-Afrikaanse rand. Die randbedrag word op die betaalblad aangedui voordat jy bevestig. Jou bank of kaartverskaffer bepaal die omskakeling en enige toepaslike fooie aan jou kant.
Hoe werk die bedrag per koppie koffie?
Ons werk op ʼn gemiddeld van A$5 per koppie. Een koppie per week is gemiddeld ongeveer A$20 per maand. Twee koppies per week is dan ongeveer A$40 per maand.
Byvoorbeeld:
Jou keuse | Gemiddelde waarde per maand | Gemiddelde waarde per maand in Rand-waarde* |
1 koppie koffie per week | A$20 | R230 |
2 koppies koffie per week | A$40 | R460 |
3 koppies koffie per week | A$60 | R690 |
4 koppies koffie per week | A$80 | R920 |
Kies jou eie maandelikse bedrag |
|
|
*Gemiddelde bedrag bereken vanaf wisselkoers oor die afgelope 12 maande
Kan ek eenmalig bydra?
Ja, ’n eenmalige bydrae is ook welkom. Kies asseblief die eenmalige betaalopsie op die betaalblad. Ons moedig maandelikse bydraes aan omdat dit help om ondersteuning oor tyd moontlik te maak, maar jy kan die opsie kies wat vir jou werk.
Gaan my geld aan ’n spesifieke student?
Die koffieveldtog samel bydraes vir die Studente Hulpfonds in. Toekennings word volgens Solidariteit Helpende Hand se evaluasieproses hanteer, bestuur en toegeken. Die koffieveldtog koppel dus nie elke skenking aan ’n individuele student nie.
Betaal die fonds vir Akademia se nuwe koshuise?
Die fonds se doel is om studente met hul lewenskoste, soos verblyfgeld, te help. Die koffieveldtog samel nie geld vir die bou van die koshuise in nie.
Ek het reeds betaal. Waarom ontvang ek nog ’n herinnering?
Dankie dat jy dit onder ons aandag bring. Stuur asseblief die betaaldatum en betalingsverwysing na [email protected] dan stel ons ondersoek in.
Moet asseblief nie jou volledige kaartbesonderhede, wagwoorde of eenmalige sekuriteitskodes vir ons stuur nie.
Kan ek my maandelikse bydrae verander of staak?
Ja. Laat weet ons by [email protected] watter verandering jy wil maak, dan help ons jou deur die toepaslike proses. Ons bevestig wanneer die betalingsreëling aangepas of gestaak is. Neem asb. Kennis dat om by die e-poskommunikasie uit te teken, verander nie die betalingsreëling nie. Dit is ʼn aparte proses.
Hoe kan ek meer betrokke raak?
Jou maandelikse bydrae maak reeds ʼn groot verskil. Jy is welkom om enige tyd jou maandelikse bydrae te verhoog of om ʼn addisionele eenmalige skenking te maak. Deel gerus ook die veldtog met jou vriende en familie en registreer as ʼn gratis digitale burger van MyHartland. Saam kan ons as een groot wêreldgemeenskap vir ons jongmense ʼn toekoms help skep.