Word 'n burger
Word 'n burger van MyHartland
Dis eenvoudig en dis gratis. Word ‘n digitale burger van MyHartland en bou saam aan jou virtuele kultuurtuiste.
Hoe word jy ʼn burger?
- Voltooi jou registrasie.
- Ontvang jou digitale burgerskapsertifikaat per e-pos.
- Vertel jou vriende en familie van MyHartland.
Wil jy ‘n skenking maak? Klik hier.































































































Skenkingsprojekte
Ongeag waar jy woon, jy kan steeds ʼn betekenisvolle rol speel in die toekoms van jou taal, jou kultuur en jou gemeenskap.
Met jou skenking bewaar jy ons taal en kultuur vir die volgende generasie én bou jy saam aan ʼn veilige en voorspoedige toekoms vir ons mense in Suid-Afrika.
Jou hart is hier. Jou bydrae kan ook wees.
Plaas- en gemeenskapsveiligheid
Veiligheid skep uitdagings in Suid-Afrika. Goeie veiligheidstrukture op gemeenskapsvlak help om hierdie uitdaging aan te pak.
AfriForum het reeds meer as 170+ buurtwagte reg oor die land op die been gebring en die teenwoordigheid van dié buurtwagte lei gereeld tot beter veiligheid, die voorkoming van misdaad en die aankeer van verdagte persone.
Lees meer
Akademia-kampus bouprojek
Die Akademia-kampusprojek is die grootste projek wat tot dusver deur die Afrikaanse gemeenskap sonder staatshulp aangepak is sedert die bou van die Voortrekkermonument.
Lees meer
Bevordering van die Afrikaanse taal
Die Solidariteit Beweging bevorder Afrikaans doelgerig en geïntegreerd deur kultuur, media en moedertaalonderrig.
Lees meer


































Kosblikkieprojek
Noodvoeding by behoeftige Afrikaanse skole: Kosblikkie projek
Die Solidariteit Helpende Hand #StopHonger en die Kosblikkie-projek is daarop gemik om te sorg dat kleuters daagliks ‘n voedsame bord kos ontvang. Die hooffokus van die projek is om behoeftige kleuterskole met die voeding van kleuters te ondersteun.
Lees meer
Afrikaanse onderwys
Beskerm en bou aan die toekoms van Christelike, Afrikaanse Onderwys.
Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) werk om die toekoms van Christelike, Afrikaanse onderwys te verseker deur gehalteonderrig wat reeds bestaan in stand te hou, én waar nodig nuut te bou.
Lees meer
Erfenisbewaring
Die Voortrekkermonument is meer as net ʼn gebou – dit is ’n lewende simbool van Afrikaner, ons stryd, ons oorlewing en ons geloof.
Lees meer
































Studiefonds vir behoeftige studente
Ons droom vir die Helpende Hand studietrust is dat elkeen wat wil studeer dit moet kan doen. Ons wil verdienstelike studente met studiehulp help om hulle volle potensiaal te verwesenlik.
Lees meer
Regsfonds om raskwotas en korrupsie te beveg
Slaan terug teen korrupsie en diskriminerende beleide; staan op teen wanbesteding en swak regering. Jou betrokkenheid help hofsake voer, instellings bou en maak die gemeenskap sterk!
Lees meer
Munisipale dienste verbetering
Munisipaliteite is die vlak van regering wat mense daagliks raak, maar faal dikwels in hul grondwetlike pligte. AfriForum se reaksie hierop is tweeledig: druk op die owerhede én selfbestuur deur gemeenskappe.
Lees meer



















