SPOGPROJEKTE
Spogprojekte
Op hierdie blad spog ons met trots oor ’n verskeidenheid projekte wat deur Afrikaners regoor die wêreld moontlik gemaak word. Van kleuterskole en voedingsprojekte tot veiligheid, erfenisbewaring en bouprojekte. Elke foto is ’n getuienis van hoop en samewerking. Hierdie is nie net suksesse nie, maar boustene van ‘n toekoms waarvoor ons almal werk. Dankie dat jy deel is van ’n gemeenskap wat saamsnoer en sáám bou.
Die Akademia-kampusprojek is die grootste projek wat tot dusver deur die Afrikaanse gemeenskap sonder staatshulp aangepak is sedert die bou van die Voortrekkermonument.
Die Solidariteit Beweging se reusagtige, kleurvolle letters wat die woord “Afrikaans” spel, was in Mei 2025 deel van ’n landswye toer ter viering van Afrikaans se 100ste verjaardag en die bewusmaking van dié taal.
‘Oom Paul’ vertrek na Orania
Duisende mense het op Erfenisdag (24 September 2025) by die Voortrekkermonument bymekaargekom om oom Paul se verjaardag te vier en te kyk hoe ’n replika van die Paul Kruger-standbeeld wat op Kerkplein staan, met sy tog na Orania begin. Dié projek is deur die FAK gedryf.
Die beeld se vertrek het gepaard gegaan met groot feesvieringe vir oudpres. Paul Kruger se 200ste verjaardag.
AfriForum het reeds meer as 170+ buurtwagte reg oor die land op die been gebring en die teenwoordigheid van dié opgeleide buurtwagte lei gereeld tot beter veiligheid, die voorkoming van misdaad en die aankeer van verdagte persone.