My Gemeenskap

My Gemeenskap is waar Afrikaners wêreldwyd saam kan gesels en saam kan bou. Dis nie net ’n plek vir stories en herinneringe nie, maar ’n kultuurtuiste vir elkeen wie se hart huis klop. Hier groei ons ’n netwerk vir taal, tradisie en geloof – duisende kilometers oor grense heen.

Jou storie, jou stem, jou mense – jy is welkom hier.

My Gemeenskap is waar Afrikaners wêreldwyd saam kan gesels en saam kan bou. Dis nie net ’n plek vir stories en herinneringe nie, maar ’n kultuurtuiste vir elkeen wie se hart huis klop. Hier groei ons ’n netwerk vir taal, tradisie en geloof – duisende kilometers oor grense heen.

Jou storie, jou stem, jou mense – jy is welkom hier.

Solidariteit Helpende Hand besoek Australië

21-29 November 2025

Oppiekitaar – Jannie du Toit toer

10 Oktober tot 11 November 2025

DD slash MM slash YYYY
Accepted file types: jpeg, png, gif, Max. file size: 5 MB.

Wolkskool

Jou wêreldklas aanlyn leerplatform met meer as 16 000 videolesse, werkkaarte en assesserings in 8 laerskool- en 16 hoërskoolvakke – in Afrikaans.

Gemeenskapsprojekte

Gaan loer na ons spog projekte!

Afrikaans is Lekker 2025

15-24 Augustus 2025

Akademia nauurse afstandstudie 2026 inligtingsessie

23 Augustus 2025 (SA tyd)

DD slash MM slash YYYY
Accepted file types: jpeg, png, gif, Max. file size: 5 MB.

Wolkskool

Jou wêreldklas aanlyn leerplatform met meer as 16 000 videolesse, werkkaarte en assesserings in 8 laerskool- en 16 hoërskoolvakke – in Afrikaans.

Skenkingsprojekte

Elke bydrae maak ʼn verskil!

Vir algemene skenkings word elke R200 wat ons ontvang, as volg verdeel:

*(Omgeskakel, ongeveer $12, €10, AUS $18, CAN $16, ₤9)

R200

Kosblikkieprojek

Plaas- en gemeenskapsveiligheid

Afrikaanse onderwys

Akademia-kampus bouprojek

Studiefonds vir behoeftige studente

Beveg raskwotas en korrupsie

Bevordering van die Afrikaanse taal

Erfenisbewaring

Munispale dienste verbetering

Brei virtuele kultuurburgerskap uit

Name en Van(Required)

Name en Van(Required)

Name en Van(Required)

Die Solidariteit Helpende Hand #StopHonger en die Kosblikkie-projek is daarop gemik om te sorg dat kleuters daagliks ‘n voedsame bord kos ontvang. Die hooffokus van die projek is om behoeftige kleuterskole met die voeding van kleuters te ondersteun.

Vinnige feite

0 kinders daagliks gevoed

Veiligheid skep uitdagings in Suid-Afrika. Goeie veiligheidstrukture op gemeenskapsvlak help om hierdie uitdaging aan te pak.

AfriForum het reeds meer as 170+ buurtwagte reg oor die land op die been gebring en die teenwoordigheid van dié buurtwagte lei gereeld tot beter veiligheid, die voorkoming van misdaad en die aankeer van verdagte persone.

Finansiële ondersteuning stel AfriForum in staat om ons gemeenskappe te beveilig. Geld word aangewend vir onder meer opleiding, die aankoop van verkeerskegels, kolligte, patrollieligte, handradio’s, pepersproei, glimbaadjies, asook die oprigting van herlaaiertorings (radiotorings), en ander toerusting.

Suid-Afrikaanse boere word daagliks deur plaasaanvalle bedreig.

Hoewel die nuutste syfers, soos elke jaar, skokkend is, weier die regering steeds om plaasaanvalle en -moorde as prioriteitsmisdade te hanteer. AfriForum skep egter hoop deur veiligheidstrukture te skep om die veiligheid van mense op plase te verbeter. Dié burgerregteorganisasie se nuutste statistieke wys ook dat plaasaanvalle toeneem, maar plaasmoorde afneem, wat daarop dui dat plaasgemeenskappe besig is om meer weerbaar te word. AfriForum het verder omvattende bewusmakings-, veiligheids-, voorkomings- en ondersteuningsveldtogte op plaaslike, nasionale en internasionale vlak van stapel gestuur.

Vinnige feite

0 Plaasaanvalle sedert 2019
0 + Buurtwagte reg oor Suid-Afrika

Beskerm en bou aan die toekoms van Christelike, Afrikaanse Onderwys.

Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) werk om die toekoms van Christelike, Afrikaanse onderwys te verseker deur gehalteonderrig wat reeds bestaan in stand te hou, én waar nodig nuut te bou.

Om gehalte Afrikaanse onderwys – en daarmee saam Afrikaanse gemeenskappe – in die langtermyn volhoubaar te maak, ondersteun die SOS openbare skole, maar help ook bou aan ʼn wêreldklas, onafhanklike skoolstelsel wat tegnologiese oplossings optimaal benut, moedertaalonderrig bevorder en gesonde kultuur- en waarde-oordrag verseker.

Vinnige feite

1000 Vakverenigings
1000 Onderwysers in die netwerk
1000 + Kinders gebruik Die Wolkskool
-10% Prestasieverbetering by skole

Die Akademia-kampusprojek is die grootste projek wat tot dusver deur die Afrikaanse gemeenskap sonder staatshulp aangepak is sedert die bou van die Voortrekkermonument.

Vinnige feite

word gewerf om die totale projek suksesvol te voltooi.
R 1000 miljard +
is nodig om fase een van die projek af te handel.
R 1000 miljard
ontwikkeling van 'n hoëronderwysinstelling, koshuis en fasiliteite in 'n landelike omgewing.
0 hektaar
skop ons af met 'n wêreldklas kampus vir studente in die ooste van Pretoria.
0
voltydse studente wat voorgraads in hulle moedertaal kan leer en floreer.
0
inwonende studente vir wie daar die nodige koshuisgeriewe gebou gaan wees.
0

Ons droom vir die Helpende Hand studietrust is dat elkeen wat wil studeer dit moet kan doen. Ons wil verdienstelike studente met studiehulp help om hulle volle potensiaal te verwesenlik.

Ons wil jongmense nie net vir hul beroepe op lei nie, maar hulle ook met kennis toerus sodat hulle hul roeping kan uitleef sodat hulle nie net ‘n werk kry nie, maar eerder ʼn suksesvolle loopbaan kan hê.

Die hart van die Studietrust word weerspieël in die kragtige simboliek van

“SEWE GENERASIES VAN HOOP GEGROND IN STUDIE”.

Vinnige feite

R 0 miljoen in 16 jaar toegeken
0 behoeftige studente bygestaan

Slaan terug teen korrupsie en diskriminerende beleide; staan op teen wanbesteding en swak regering. Jou betrokkenheid help hofsake voer, instellings bou en maak die gemeenskap sterk!

Die Solidariteit Regsfonds is tot stand gebring omdat Solidariteit ten doel het om ons mense se regte te beskerm.

Vinnige feite

0 + lede
0 regstellendeaksiesake
0 % van alle regsgedinge word gewen

Die Solidariteit Beweging bevorder Afrikaans doelgerig en geïntegreerd deur kultuur, media en moedertaalonderrig.

Maroela Media se digitale platform bring daagliks nuus, menings en stories in Afrikaans na duisende lesers. AfriForum Teater vier Afrikaanse kreatiwiteit met verhoogproduksies en die Afrikaans100-projek vier 100 jaar van amptelike taalstatus, maar fokus veral op die toekoms van Afrikaans.

Die FAK speel ʼn sleutelrol in die bewaring en herlewing van Afrikanerkultuur deur erfenisprojekte, historiese feeste, kultuurtoere en opvoedkundige programme. Die Afrikaanse liedjietuin hou ook ons Afrikaanse musiekerfenis lewendig.

Instellings binne die Solidariteit Beweging werk hand aan hand om ʼn selfstandige, lewenskragtige Afrikaanse gemeenskap te versterk – ʼn gemeenskap wat nie net sy taal koester nie, maar aktief uitleef, oordra en beskerm.

Die Voortrekkermonument is meer as net ʼn gebou – dit is ’n lewende simbool van Afrikaner, ons stryd, ons oorlewing en ons geloof.

Die monument vertel die verhaal van ’n volk se stryd om vry te wees, en staan as ’n tasbare anker van ons kultuurerfenis. Die bewaring daarvan is ’n daad van verantwoordelikheid teenoor ons geskiedenis, ons kinders en hul toekoms. Deur die Voortrekkermonument te ondersteun, help jy om ons verhaal lewendig te hou en nuwe geslagte te inspireer.

Die Voortrekkermonument ontvang geen staatsbefondsing soos Freedom Park nie, en maak uitsluitlik staat op sy eie inkomste. Elke bydrae maak ’n verskil!

Staan saam met ons, en bou saam aan ’n toekoms waar ons geskiedenis nie vergete gaan nie, maar met trots en eer voortleef.

Vinnige feite

(sowat 9 verdiepings)
Die monument staan 0 m hoog
Besoekers jaarliks
0 tot 300 000
Wat deel vorm van die Voortrekkermonument-Erfenisterrein
Monument staan op ongeveer 0 hektaar

Munisipaliteite is die vlak van regering wat mense daagliks raak, maar faal dikwels in hul grondwetlike pligte. AfriForum se reaksie hierop is tweeledig: druk op die owerhede én selfbestuur deur gemeenskappe.

Deur korrupsie aan te vat en basiese dienste soos water, elektrisiteit en paaie te herstel, vul AfriForum die leemtes. Ons bied ook praktiese oplossings soos vullisverwydering in Pretoria en Bloemfontein, het herwinningsprojekte en het onlangs selfs ʼn eie brandweer gestig – ʼn daadwerklike belegging in selfstandige dienslewering.

Vinnige feite

0 + Aktiewe take
0 Lede

MyHartland bied ʼn digitale tuiste waar Afrikaners wêreldwyd weer deel kan word van iets groter.

Deur hierdie virtuele kultuurburgerskap brei ons ’n netwerk van verbondenheid, waardes en herinneringe uit, oor grense heen. Hier kan jy behoort, bou, en bydra tot die voortbestaan van jou kultuur, al woon jy duisende kilometer van Suid-Afrika af.

1. Inleiding
Hierdie privaatheidsbeleid (“Beleid”) beskryf hoe MyHartland (“ons”, “ons organisasie”, “MyHartland”) jou persoonlike inligting versamel, gebruik, openbaar, beskerm en bewaar, in ooreenstemming met die Protection of Personal Information Act 4 van 2013 (“POPIA”) en ander toepaslike wetgewing.

2. Definisies
“Persoonlike inligting” beteken enige inligting oor ’n geïdentifiseerde of identifiseerbare natuurlike persoon soos omskryf in POPIA.

3. Versameling van persoonlike inligting
Ons versamel slegs persoonlike inligting wat nodig is vir die doeleindes van dienslewering, insluitend, maar nie beperk tot: jou naam, kontakbesonderhede, geografiese inligting, betalingsinligting, en enige ander inligting wat jy vrywillig aan ons verskaf.

4. Doeleindes van verwerking
Ons gebruik jou persoonlike inligting vir die volgende doeleindes:
a) Om jou registrasie en skenkings te verwerk;
b) Om met jou te kommunikeer, insluitend die stuur van nuusbriewe, inligting en opdaterings;
c) Om ons dienste te verbeter en die gebruikerservaring te optimaliseer;
d) Om te voldoen aan wetlike verpligtinge.

5. Regmatigheid en toestemming
Ons sal jou persoonlike inligting slegs verwerk indien dit regmatig is, soos wanneer:
a) Jy toestemming gegee het;
b) Dit nodig is vir die nakoming van ’n kontrak;
c) Dit nodig is om aan ’n wetlike verpligting te voldoen; of
d) Ons regmatige belange dit vereis, mits jou belange en regte nie geskend word nie.

6. Bewaring van data
Ons bewaar jou persoonlike inligting nie langer as wat nodig is vir die doeleindes waarvoor dit versamel is nie, of soos vereis deur toepaslike wetgewing.

7. Deurgee van inligting aan derde partye
Ons mag jou persoonlike inligting aan betroubare diensverskaffers oordra wat namens ons funksies verrig, soos betalingsverwerkers. Hierdie derde partye is onderhewig aan streng vertroulikheidsvereistes en mag jou inligting nie vir ander doeleindes gebruik nie. Ons gee jou inligting nie sonder jou toestemming aan ander derde partye nie, tensy wettiglik verplig.

8. Sekuriteit van inligting
Ons implementeer gepaste tegniese en organisatoriese maatreëls om jou persoonlike inligting te beskerm teen ongeoorloofde toegang, verlies, vernietiging of misbruik.

9. Jou regte
Onder POPIA het jy die reg om:
a) Toegang tot jou persoonlike inligting te versoek;
b) Onjuiste of onvolledige inligting te laat regstel;
c) Die verwerking van jou inligting te beperk of teë te staan;
d) Jou toestemming vir verwerking te onttrek;
e) Klagtes oor die verwerking van jou persoonlike inligting by ons in te dien.

10. Koekies en toesig
Ons gebruik koekies en soortgelyke tegnologieë om die gebruikerservaring te verbeter. Jy kan jou blaaierinstellings aanpas om koekies te bestuur of te blokkeer.

11. Kontakbesonderhede
Vir enige navrae, versoeke of klagtes rakende jou privaatheid en hierdie beleid, kontak ons by: [email protected]

12. Wysigings aan die privaatheidsbeleid

Ons mag hierdie beleid van tyd tot tyd wysig. Enige wysigings sal op die webwerf gepubliseer word met ’n nuwe datum van inwerkingtreding. Jou voortgesette gebruik van die webwerf dui op jou aanvaarding van die aangepaste beleid.

1. AANVAARDING

1.1. Deur MyHartland te gebruik, stem jy in tot die volgende bepalings en voorwaardes.

2. GEBRUIK VAN BLAD

2.1. MyHartland is ʼn webwerf van die Solidariteit Beweging Trust wat Afrikaners wêreldwyd verbind, kulturele inhoud deel en projekte in Suid-Afrika ondersteun.

2.2. Die gebruik van MyHartland is gratis, maar sekere dienste of produkte kan ʼn finansiële bydrae vereis.

2.3. Jy kan ook vrywillig tot spesifieke projekte bydra.

3. PRIVAATHEID

3.1. Die Solidariteit Beweging Trust hanteer persoonlike inligting volgens die Privaatheidsbeleid.  

3.2. Deur MyHartland te gebruik, gee die gebruiker toestemming dat ons die inligting mag insamel, gebruik en stoor vir administrasie en gebruikersprofiele, kommunikasie oor projekte en produkte, en statistiese en navorsingsdoeleindes.

3.3. Die webblad gebruik koekies (“cookies”) om die gebruiker se ervaring te verbeter.

4. SKAKELS NA DERDE PARTYE

4.1. Die webblad bevat skakels na ander webwerwe met inligting en ander materiaal wat deur derde partye geskep is. Die Solidariteit Beweging Trust kan geen aanspreeklikheid aanvaar vir die inhoud van sodanige webblaaie nie.

4.2. Gebruikers stem in dat hulle die Solidariteit Beweging Trust vrywaar van enige aanspreeklikheid, direk of indirek, wat mag ontstaan as gevolg van die gebruik van inhoud, dienste, of enige ander materiaal wat op of deur ʼn derde party-webwerf verkry is.

5. KOPIEREG

5.1. Alle uitleg, ontwerp, logo’s, grafika, teks en multimedia op MyHartland behoort aan die Solidariteit Beweging Trust en sy instellings, tensy anders vermeld.

5.2. Hierdie inhoud mag nie sonder skriftelike toestemming gekopieer, versprei of gebruik word, tensy spesifiek so aangedui op die ontwerp nie.

6. KLAGTES

6.1. Indien enige gebruiker ʼn klagte/grief oor ʼn ander gebruiker se kommentaar en/of profiel indien, sal dit deur MyHartland ondersoek, na meriete beoordeel en indien nodig verwyder word.

6.2. Indien ʼn gebruiker hom-/haarself herhaaldelik skuldig maak aan die oortreding van hierdie bepalings en voorwaardes, kan hy/sy permanent geblokkeer word om weer op MyHartland kommentaar te lewer of om ʼn profiel te skep.

7. ALGEMEEN

7.1. Die Solidariteit Beweging Trust mag die bepalings en voorwaardes te enige tyd wysig. Belangrike wysigings sal op die webwerf aangekondig word.

7.2. Hierdie bepalings word regeer deur die wette van Suid-Afrika. Enige geskille sal onder Suid-Afrikaanse jurisdiksie val.

8. KONTAK ONS

Vir enige vrae of versoeke, stuur vir ons ʼn e-pos na: [email protected]