Honger vir Hoop-veldtog bring duisende borde kos én hoop

Op Wêreldhongerdag het Solidariteit Helpende Hand en Pretoria FM nie net bewusmaking geskep oor die verskillende vorme van hongersnood in Suid-Afrika nie; hulle het ook daadwerklik gehelp om die nood te verlig.

Met die tema “Honger vir Hoop” is daar Woensdag landswyd ‘n beroep op die publiek gedoen om by dié reuseveldtog aan te sluit wat ten doel het om duisende borde kos op behoeftige kinders se tafel te sit. Dié dag het ‘n kragtige samevloeiing van gemeenskapsgees, korporatiewe betrokkenheid en persoonlike opoffering geword met duisende mense wat ingespring het om ‘n verskil te maak.

Daar is nie net op fisiese honger gefokus nie. Temas soos geestelike, maatskaplike en opvoedkundige honger is ook onder die loep geneem. Pretoria FM het regstreeks uitgesaai vanaf sy kantoor by Loftus Park waar ‘n lewendige program met bekende gaste aangebied is. Die program het onder andere gesprekke ingesluit oor die nood aan moedertaalonderrig, die belang van gemeenskapsbetrokkenheid, finansiële armoede, en kinders se behoefte aan beskerming.

“Op Wêreldhongerdag alleen het ons naastenby 15 000 borde kos ingesamel en skenkings kom steeds in soos die woord versprei,” sê Gerhard Pretorius, hoof van bemarking by Solidariteit Helpende Hand.

“Ons het bydraes van reg oor die wêreld ontvang. Dit strek van individue wat van R20 tot R10 000 geskenk het tot ondernemings wat R70 000 geskenk het. Dinamika Finansiële Dienste het op een slag R150 000 ingesamel. Vir ons is die geld vir elke bord kos wat geskenk is, ‘n hoogtepunt. Studente van Helpende Hand se Opleidingsinstituut het ook ingespring om te help en nagenoeg R3 000 met ‘n muntlegging ingesamel.”

Pretorius beklemtoon dat “Honger vir Hoop” nie ‘n eenmalige poging is nie, maar deel vorm van ‘n groter veldtog wat tot 7 Junie voortduur wanneer Wêreldvoedselsekerheidsdag in die kollig is. “As ons nie voedselsekerheid het nie, kan ons nie die res van ons projekte volhoubaar aanpak nie,” voeg hy by.

Margole Riekert, hoof van projekte by Helpende Hand, sê buiten die “Honger vir Hoop”-veldtog voed Helpende Hand daagliks meer as 8 000 kleuters in Afrikaanse gemeenskappe landswyd, maar die behoefte neem toe.

“Ons hanteer fisiese honger met byvoorbeeld die Kosblikkie-projek wat reeds sedert 2009 fondse insamel om kleuterskole te help om gesonde kos aan te koop. Dit was egter gou duidelik dat finansiële hulp alleen nie genoeg is nie,” sê Riekert.

“Daarom het ons in 2018 met HelpJag begin. Dit is ‘n praktiese projek waar jagters vleis aan ons skenk. Ons verwerk dit en versprei dit aan skole asook tehuise vir bejaardes en mense met gestremdhede,” sê sy.

Volgens Riekert speel die organisasie se nasionale struktuur ‘n sleutelrol in die sukses van sulke inisiatiewe. “Of jy nou jou tyd, vaardighede of geld gee, ons maak dit maklik vir die gemeenskap om betrokke te raak. Dit gaan nie net oor geldelike skenkings nie; dit gaan oor betrokkenheid en gemeenskapsbetrokkenheid.”

Die Springbok-legende en passievolle jagter Bakkies Botha is ‘n ambassadeur van HelpJag. Hy sê die projek lê baie na aan sy hart. “HelpJag is vir my ‘n manier om terug te gee. Jaarliks ontvang ons tonne vleis van boere en jagters, en elke kilogram maak ‘n verskil. Kinders wat weet hulle gaan by die skool kos kry, gaan skool toe waar hulle leer en aan sport deelneem en so kry hulle hoop. Om hoop te bring waar daar nie is nie, is waaroor die samelewing gaan.”

1. Inleiding
Hierdie privaatheidsbeleid (“Beleid”) beskryf hoe MyHartland (“ons”, “ons organisasie”, “MyHartland”) jou persoonlike inligting versamel, gebruik, openbaar, beskerm en bewaar, in ooreenstemming met die Protection of Personal Information Act 4 van 2013 (“POPIA”) en ander toepaslike wetgewing.

2. Definisies
“Persoonlike inligting” beteken enige inligting oor ’n geïdentifiseerde of identifiseerbare natuurlike persoon soos omskryf in POPIA.

3. Versameling van persoonlike inligting
Ons versamel slegs persoonlike inligting wat nodig is vir die doeleindes van dienslewering, insluitend, maar nie beperk tot: jou naam, kontakbesonderhede, geografiese inligting, betalingsinligting, en enige ander inligting wat jy vrywillig aan ons verskaf.

4. Doeleindes van verwerking
Ons gebruik jou persoonlike inligting vir die volgende doeleindes:
a) Om jou registrasie en skenkings te verwerk;
b) Om met jou te kommunikeer, insluitend die stuur van nuusbriewe, inligting en opdaterings;
c) Om ons dienste te verbeter en die gebruikerservaring te optimaliseer;
d) Om te voldoen aan wetlike verpligtinge.

5. Regmatigheid en toestemming
Ons sal jou persoonlike inligting slegs verwerk indien dit regmatig is, soos wanneer:
a) Jy toestemming gegee het;
b) Dit nodig is vir die nakoming van ’n kontrak;
c) Dit nodig is om aan ’n wetlike verpligting te voldoen; of
d) Ons regmatige belange dit vereis, mits jou belange en regte nie geskend word nie.

6. Bewaring van data
Ons bewaar jou persoonlike inligting nie langer as wat nodig is vir die doeleindes waarvoor dit versamel is nie, of soos vereis deur toepaslike wetgewing.

7. Deurgee van inligting aan derde partye
Ons mag jou persoonlike inligting aan betroubare diensverskaffers oordra wat namens ons funksies verrig, soos betalingsverwerkers. Hierdie derde partye is onderhewig aan streng vertroulikheidsvereistes en mag jou inligting nie vir ander doeleindes gebruik nie. Ons gee jou inligting nie sonder jou toestemming aan ander derde partye nie, tensy wettiglik verplig.

8. Sekuriteit van inligting
Ons implementeer gepaste tegniese en organisatoriese maatreëls om jou persoonlike inligting te beskerm teen ongeoorloofde toegang, verlies, vernietiging of misbruik.

9. Jou regte
Onder POPIA het jy die reg om:
a) Toegang tot jou persoonlike inligting te versoek;
b) Onjuiste of onvolledige inligting te laat regstel;
c) Die verwerking van jou inligting te beperk of teë te staan;
d) Jou toestemming vir verwerking te onttrek;
e) Klagtes oor die verwerking van jou persoonlike inligting by ons in te dien.

10. Koekies en toesig
Ons gebruik koekies en soortgelyke tegnologieë om die gebruikerservaring te verbeter. Jy kan jou blaaierinstellings aanpas om koekies te bestuur of te blokkeer.

11. Kontakbesonderhede
Vir enige navrae, versoeke of klagtes rakende jou privaatheid en hierdie beleid, kontak ons by: [email protected]

12. Wysigings aan die privaatheidsbeleid

Ons mag hierdie beleid van tyd tot tyd wysig. Enige wysigings sal op die webwerf gepubliseer word met ’n nuwe datum van inwerkingtreding. Jou voortgesette gebruik van die webwerf dui op jou aanvaarding van die aangepaste beleid.

1. AANVAARDING

1.1. Deur MyHartland te gebruik, stem jy in tot die volgende bepalings en voorwaardes.

2. GEBRUIK VAN BLAD

2.1. MyHartland is ʼn webwerf van die Solidariteit Beweging Trust wat Afrikaners wêreldwyd verbind, kulturele inhoud deel en projekte in Suid-Afrika ondersteun.

2.2. Die gebruik van MyHartland is gratis, maar sekere dienste of produkte kan ʼn finansiële bydrae vereis.

2.3. Jy kan ook vrywillig tot spesifieke projekte bydra.

3. PRIVAATHEID

3.1. Die Solidariteit Beweging Trust hanteer persoonlike inligting volgens die Privaatheidsbeleid.  

3.2. Deur MyHartland te gebruik, gee die gebruiker toestemming dat ons die inligting mag insamel, gebruik en stoor vir administrasie en gebruikersprofiele, kommunikasie oor projekte en produkte, en statistiese en navorsingsdoeleindes.

3.3. Die webblad gebruik koekies (“cookies”) om die gebruiker se ervaring te verbeter.

4. SKAKELS NA DERDE PARTYE

4.1. Die webblad bevat skakels na ander webwerwe met inligting en ander materiaal wat deur derde partye geskep is. Die Solidariteit Beweging Trust kan geen aanspreeklikheid aanvaar vir die inhoud van sodanige webblaaie nie.

4.2. Gebruikers stem in dat hulle die Solidariteit Beweging Trust vrywaar van enige aanspreeklikheid, direk of indirek, wat mag ontstaan as gevolg van die gebruik van inhoud, dienste, of enige ander materiaal wat op of deur ʼn derde party-webwerf verkry is.

5. KOPIEREG

5.1. Alle uitleg, ontwerp, logo’s, grafika, teks en multimedia op MyHartland behoort aan die Solidariteit Beweging Trust en sy instellings, tensy anders vermeld.

5.2. Hierdie inhoud mag nie sonder skriftelike toestemming gekopieer, versprei of gebruik word, tensy spesifiek so aangedui op die ontwerp nie.

6. KLAGTES

6.1. Indien enige gebruiker ʼn klagte/grief oor ʼn ander gebruiker se kommentaar en/of profiel indien, sal dit deur MyHartland ondersoek, na meriete beoordeel en indien nodig verwyder word.

6.2. Indien ʼn gebruiker hom-/haarself herhaaldelik skuldig maak aan die oortreding van hierdie bepalings en voorwaardes, kan hy/sy permanent geblokkeer word om weer op MyHartland kommentaar te lewer of om ʼn profiel te skep.

7. ALGEMEEN

7.1. Die Solidariteit Beweging Trust mag die bepalings en voorwaardes te enige tyd wysig. Belangrike wysigings sal op die webwerf aangekondig word.

7.2. Hierdie bepalings word regeer deur die wette van Suid-Afrika. Enige geskille sal onder Suid-Afrikaanse jurisdiksie val.

8. KONTAK ONS

Vir enige vrae of versoeke, stuur vir ons ʼn e-pos na: [email protected]