Die Solidariteit Beweging bevorder Afrikaans doelgerig en geïntegreerd deur kultuur, media en moedertaalonderrig.
Maroela Media se digitale platform bring daagliks nuus, menings en stories in Afrikaans na duisende lesers. AfriForum Teater vier Afrikaanse kreatiwiteit met verhoogproduksies en die Afrikaans100-projek vier 100 jaar van amptelike taalstatus, maar fokus veral op die toekoms van Afrikaans.
Die FAK speel ʼn sleutelrol in die bewaring en herlewing van Afrikanerkultuur deur erfenisprojekte, historiese feeste, kultuurtoere en opvoedkundige programme. Die Afrikaanse liedjietuin hou ook ons Afrikaanse musiekerfenis lewendig.
Instellings binne die Solidariteit Beweging werk hand aan hand om ʼn selfstandige, lewenskragtige Afrikaanse gemeenskap te versterk – ʼn gemeenskap wat nie net sy taal koester nie, maar aktief uitleef, oordra en beskerm.