Afrikaanse Kultuurhuis

Herleef die diep spore van jou erfenis. MyHartland se Afrikaanse Kultuurhuis laat jou toe om die Afrikaanse kultuurerfenis te herleef soos nog nooit tevore gesien nie met virtuele toere, spesiale Geloftedag-opnames, fisiese kultuurtoere, Afrikaanse TV – ongeag of jy in Kanada of Kaapstad woon.
Ons kultuur leef! Welkom by jou Afrikaanse kultuurhuis.

Kom kuier aanlyn!
Jy is dalk nie in Suid-Afrika nie, maar by MyHartland toer ons virtueel.
Akademia-kampus argiteksvoorstelling
Akademia-kampus argiteksvoorstelling
Toer hierAkademia grondwerke skop af
Die terrein waar Akademia se nuwe kampus binnekort verrys!
Toer hierVoortrekkermonument
Voortrekkermonument
Kyk hierKultuurnuus

Die FAK en Voortrekkermonument het onlangs President Paul Kruger se verjaardag gevier. Hy sou op 10 Oktober 200 jaar oud gewees het.

’n Eeufeesviering van ons taal – Afrikaanse letters trek deur die land.

Hoekom jou moedertaal saak maak en wat die voordele van tweetaligheid is.

Nuutgevonde perspektiewe oor die behoud van jou kultuur en netwerk in die buiteland
Fisiese Kultuurtoere

Wesfrontvasbyt
Stap saam met dr. Louis Bothma op die terrein van die Slag van Paardeberg en beleef die geskiedenis eerstehands, met kampvure, kuier en nuwe vriende. Elke dag vertrek ons vanaf ’n vaste basis met voorsiene aandetes – jy bring net jou dagkos en entoesiasme.

Paul Kruger-toer
Volg die spoor van Paul Kruger in Pretoria en beleef sy nalatenskap met insiggewende stories en historiese besienswaardighede – ‘n dag van herdenking, insig en inspirasie.
Skink ’n koppie boeretroos en spits jou ore
Radiovervolgverhale
Laat jou verbeelding reis met Afrikaanse radiovervolgverhale – storievertelling soos net ons taal dit kan doen.
Strandloper neem luisteraars na Bloubaai, ʼn kusdorpie waarvan mense droom, maar wat werklik bestaan. Dié fiktiewe dorp is losweg gegrond op Stilbaai se kultuurhistoriese feite en regte mense wat Bettie Kemp, skrywer en vervaardiger van die radiodrama, as kind van dié dorp onthou.
Boekvoorlesings
Reis na die verbeeldingswêreld wat Afrikaanse skrywers vir ons bou.
Inkommers, die jongste historiese roman uit die skrywer Hans du Plessis se pen, is ʼn eietydse verhaal oor die Afrikaner-familie wat al van die Groot Trek se dae wydsbeen oor die vuil Vaal in die Vredefortkoepel boer.

Kyk Afrikaans, leef Afrikaans – op die virtuele verhoog op AfriForumTV.

Kyk Afrikaans, leef Afrikaans – op die virtuele verhoog op AfriForum TV.
Klanke van ons Hartland
Ek Bly Jou Taal
(deur Liezel Pieters ft JAN JAN JAN)
Sonvanger, die Akademia lied
(deur Akademia koor)
Roepstem, die Sol-Tech lied
(deur Ruhan du Toit)
Voshaarnooi
(deur Akademia koor)
Klanke van ons Hartland
Sonvanger, die Akademia lied
(deur Akademia koor)
Roepstem, die Sol-Tech lied
(deur Ruhan du Toit)
Voshaarnooi
(deur Akademia koor)
Geleenthede:
HELPENDE HAND BESOEK AUSTRALIË
21 – 29 November 2025