Skooltassies bring vreugde

Skooltassie-projek bring vir die 19de jaar hoop aan behoeftige graad 1-leerlinge

Vir duisende behoeftige graad 1-leerlinge reg oor die land het die eerste skooldag van 2026 met selfvertroue en opgewondenheid begin toe hulle met ’n nuwe skooltassie op hul rug die klaskamer binnegestap het. Dit danksy Solidariteit Helpende Hand se Skooltassie-projek, wat vanjaar vir die 19de agtereenvolgende jaar behoeftige graad 1-leerlinge in Afrikaanse skole ondersteun.

2)	Die amptelike oorhandiging van 30 van die 2 000 skooltassies het op 14 Januarie by Laerskool Swartkop in Centurion plaasgevind, waar Helpende Hand se geliefde superheld, Braaf die Boerboel, saam met verteenwoordigers van die organisasie gehelp het om die tassies aan opgewonde graad 1-leerlinge te oorhandig.

Vanjaar is 2 000 goed toegeruste skooltassies aan leerlinge uitgedeel, met nagenoeg 160 skole landwyd wat by die projek baat gevind het. Dit is 30 skole meer as verlede jaar.

Oor die jare het verskeie bekende Suid-Afrikaners hul steun aan die Skooltassie-projek verleen en só gehelp om die boodskap van hoop en gelyke kanse verder te dra. Bekendes soos Bakkies Botha, die Afrikaanse sanggroep Jan Jan Jan, asook mediapersoonlikhede soos Lindie Strydom het deur hul betrokkenheid bewusmaking rondom die projek versterk. Meyer le Roux was ook oor die jare as ambassadeur by Helpende Hand-inisiatiewe betrokke.

Die skooltassies is op die eerste dag van skool aan die kinders oorhandig om te verseker dat elke leerling sy of haar skoolloopbaan met die nodige skryfbehoeftes en ’n gevoel van gereedheid kan begin. Die amptelike oorhandiging van 30 van die 2 000 skooltassies het op 14 Januarie by Laerskool Swartkop in Centurion plaasgevind, waar Helpende Hand se geliefde superheld, Braaf die Boerboel, saam met verteenwoordigers van die organisasie gehelp het om die tassies aan opgewonde graad 1-leerlinge te oorhandig.

“Vir ’n kind in graad 1 beteken ’n skooltassie soveel meer as net skryfbehoeftes,” sê Danelle du Plessis, projekorganiseerder van die Skooltassie-projek. “Dit gee behoeftige kinders die selfvertroue om skool toe te gaan en te voel hulle hoort.”

Elke skooltassie bevat ’n tassie, skêr, gom, skerpmaker, uitveër, liniaal, uitdraaikryte, inkleurpotlode, grys HB-potlode, ’n witbordjie, witbordmerkers en ’n pennesakkie. Vanjaar het Helpende Hand ook ’n ekstra tree gegee deur ’n volledige 2020-vertaling van die Bybel in elke tassie te plaas, met die ondersteuning van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika.

“Ons wil kinders nie net akademies toerus nie, maar ook help om met hoop en rigting te begin,” sê Du Plessis. “Die Bybel dra vir baie gesinne ’n boodskap van troos, waarde en behoort.”

Die projek is moontlik gemaak deur die ondersteuning van verskeie vennote. BIC het onder meer inkleurpotlode geborg en KIMOsource die liniale. Ander finansiële vennote sluit Boerboel Wear, Dinamika Finansiële Dienste en Fraaisokkies in.

“Die Skooltassie-projek bly daarop gemik om behoeftige kinders met waardigheid te laat begin en hulle toe te rus vir die pad vorentoe. Elke tassie dra dieselfde eenvoudige boodskap: Jy is kosbaar. Jou toekoms maak saak,” sê Du Plessis.

Besoek www.skooltassie.co.za om die projek te ondersteun en saam te help voorberei vir die groeiende behoefte aan nóg meer tassies in 2027.

1. Inleiding
Hierdie privaatheidsbeleid (“Beleid”) beskryf hoe MyHartland (“ons”, “ons organisasie”, “MyHartland”) jou persoonlike inligting versamel, gebruik, openbaar, beskerm en bewaar, in ooreenstemming met die Protection of Personal Information Act 4 van 2013 (“POPIA”) en ander toepaslike wetgewing.

2. Definisies
“Persoonlike inligting” beteken enige inligting oor ’n geïdentifiseerde of identifiseerbare natuurlike persoon soos omskryf in POPIA.

3. Versameling van persoonlike inligting
Ons versamel slegs persoonlike inligting wat nodig is vir die doeleindes van dienslewering, insluitend, maar nie beperk tot: jou naam, kontakbesonderhede, geografiese inligting, betalingsinligting, en enige ander inligting wat jy vrywillig aan ons verskaf.

4. Doeleindes van verwerking
Ons gebruik jou persoonlike inligting vir die volgende doeleindes:
a) Om jou registrasie en skenkings te verwerk;
b) Om met jou te kommunikeer, insluitend die stuur van nuusbriewe, inligting en opdaterings;
c) Om ons dienste te verbeter en die gebruikerservaring te optimaliseer;
d) Om te voldoen aan wetlike verpligtinge.

5. Regmatigheid en toestemming
Ons sal jou persoonlike inligting slegs verwerk indien dit regmatig is, soos wanneer:
a) Jy toestemming gegee het;
b) Dit nodig is vir die nakoming van ’n kontrak;
c) Dit nodig is om aan ’n wetlike verpligting te voldoen; of
d) Ons regmatige belange dit vereis, mits jou belange en regte nie geskend word nie.

6. Bewaring van data
Ons bewaar jou persoonlike inligting nie langer as wat nodig is vir die doeleindes waarvoor dit versamel is nie, of soos vereis deur toepaslike wetgewing.

7. Deurgee van inligting aan derde partye
Ons mag jou persoonlike inligting aan betroubare diensverskaffers oordra wat namens ons funksies verrig, soos betalingsverwerkers. Hierdie derde partye is onderhewig aan streng vertroulikheidsvereistes en mag jou inligting nie vir ander doeleindes gebruik nie. Ons gee jou inligting nie sonder jou toestemming aan ander derde partye nie, tensy wettiglik verplig.

8. Sekuriteit van inligting
Ons implementeer gepaste tegniese en organisatoriese maatreëls om jou persoonlike inligting te beskerm teen ongeoorloofde toegang, verlies, vernietiging of misbruik.

9. Jou regte
Onder POPIA het jy die reg om:
a) Toegang tot jou persoonlike inligting te versoek;
b) Onjuiste of onvolledige inligting te laat regstel;
c) Die verwerking van jou inligting te beperk of teë te staan;
d) Jou toestemming vir verwerking te onttrek;
e) Klagtes oor die verwerking van jou persoonlike inligting by ons in te dien.

10. Koekies en toesig
Ons gebruik koekies en soortgelyke tegnologieë om die gebruikerservaring te verbeter. Jy kan jou blaaierinstellings aanpas om koekies te bestuur of te blokkeer.

11. Kontakbesonderhede
Vir enige navrae, versoeke of klagtes rakende jou privaatheid en hierdie beleid, kontak ons by: [email protected]

12. Wysigings aan die privaatheidsbeleid

Ons mag hierdie beleid van tyd tot tyd wysig. Enige wysigings sal op die webwerf gepubliseer word met ’n nuwe datum van inwerkingtreding. Jou voortgesette gebruik van die webwerf dui op jou aanvaarding van die aangepaste beleid.

1. AANVAARDING

1.1. Deur MyHartland te gebruik, stem jy in tot die volgende bepalings en voorwaardes.

2. GEBRUIK VAN BLAD

2.1. MyHartland is ʼn webwerf van die Solidariteit Beweging Trust wat Afrikaners wêreldwyd verbind, kulturele inhoud deel en projekte in Suid-Afrika ondersteun.

2.2. Die gebruik van MyHartland is gratis, maar sekere dienste of produkte kan ʼn finansiële bydrae vereis.

2.3. Jy kan ook vrywillig tot spesifieke projekte bydra.

3. PRIVAATHEID

3.1. Die Solidariteit Beweging Trust hanteer persoonlike inligting volgens die Privaatheidsbeleid.  

3.2. Deur MyHartland te gebruik, gee die gebruiker toestemming dat ons die inligting mag insamel, gebruik en stoor vir administrasie en gebruikersprofiele, kommunikasie oor projekte en produkte, en statistiese en navorsingsdoeleindes.

3.3. Die webblad gebruik koekies (“cookies”) om die gebruiker se ervaring te verbeter.

4. SKAKELS NA DERDE PARTYE

4.1. Die webblad bevat skakels na ander webwerwe met inligting en ander materiaal wat deur derde partye geskep is. Die Solidariteit Beweging Trust kan geen aanspreeklikheid aanvaar vir die inhoud van sodanige webblaaie nie.

4.2. Gebruikers stem in dat hulle die Solidariteit Beweging Trust vrywaar van enige aanspreeklikheid, direk of indirek, wat mag ontstaan as gevolg van die gebruik van inhoud, dienste, of enige ander materiaal wat op of deur ʼn derde party-webwerf verkry is.

5. KOPIEREG

5.1. Alle uitleg, ontwerp, logo’s, grafika, teks en multimedia op MyHartland behoort aan die Solidariteit Beweging Trust en sy instellings, tensy anders vermeld.

5.2. Hierdie inhoud mag nie sonder skriftelike toestemming gekopieer, versprei of gebruik word, tensy spesifiek so aangedui op die ontwerp nie.

6. KLAGTES

6.1. Indien enige gebruiker ʼn klagte/grief oor ʼn ander gebruiker se kommentaar en/of profiel indien, sal dit deur MyHartland ondersoek, na meriete beoordeel en indien nodig verwyder word.

6.2. Indien ʼn gebruiker hom-/haarself herhaaldelik skuldig maak aan die oortreding van hierdie bepalings en voorwaardes, kan hy/sy permanent geblokkeer word om weer op MyHartland kommentaar te lewer of om ʼn profiel te skep.

7. ALGEMEEN

7.1. Die Solidariteit Beweging Trust mag die bepalings en voorwaardes te enige tyd wysig. Belangrike wysigings sal op die webwerf aangekondig word.

7.2. Hierdie bepalings word regeer deur die wette van Suid-Afrika. Enige geskille sal onder Suid-Afrikaanse jurisdiksie val.

8. KONTAK ONS

Vir enige vrae of versoeke, stuur vir ons ʼn e-pos na: [email protected]