“Ek werk gereeld oorsee en vir iemand wat ons land, taal en kultuur verskriklik mis, is dit lekker om te weet daar is ’n webtuiste soos MyHartland. Hier kan ek gereeld inloer om op hoogte te bly van wat aangaan. As jy ook daar ver sit en wonder hoe jy kan help, gaan kyk gerus na die Kosblikkieprojek wat 8000 kleuters met ’n voedsame bord kos voed. Daar is werklik geen ander land met sulke lekker mense soos Suid-Afrika nie.”
Therine BoliterGeorge/San Francisco
“Ons bly al byna ses jaar in Amerika en ons jongste dogtertjie is hier gebore. MyHartland maak dit vir ons makliker om ons kinders Afrikaans én van die Afrikaner se geskiedenis te leer. Daar is ook soveel projekte waarby jy betrokke kan raak wat jou as Afrikaner na aan die hart lê en raak. So kan jy ’n wesenlike verskil in jou hartland maak, al is jy duisende kilometers weg.”
Johry BattAustin, Texas
“Ek verlang huis toe. MyHartland maak dit so maklik om projekte te ondersteun en met my burgerskapsertifikaat voel ek of ek hier hoort. Dis lekker.”
Johry Franci BooyensBattKanada
“Ons geniet natuurlik ook die resepte wat op MyHartland gedeel word, aangesien ons gereeld nog tradisionele disse maak. Op MyHartland kan jy selfs ’n lys met plaasvervangerprodukte kry sodat jy steeds jou gunstelingresep kan maak.”
Rozanne SmithNieu-Seeland
“Ek wonder soms of elke dag vir ander mense ook so moeilik is soos vir my. Ek mis my land en my mense so baie. Ek hou daarvan om MyHartland te lees. Dit voel soos ‘n stukkie huis.”
JomariNederland.

Hier bou ons ’n gemeenskap sonder grense waar kultuur,
identiteit en verbondenheid
blom.
Hier bou ons ’n gemeenskap sonder grense waar kultuur, identiteit en verbondenheid blom.

Wat is MyHartland?
MyHartland is gebore vanuit die droom om Afrikaners regoor die wêreld met mekaar en hulle hartland te verbind. By MyHartland versterk ons ons taal, kultuur en gemeenskapsbande terwyl ons saam aan ’n hoopvolle toekoms bou.
MyHartland is ’n inisiatief van die Solidariteit Beweging.

Afrikaanse Kultuurhuis
Jou Afrikaanse kultuur en tradisies leef! Vind inspirasie, geleenthede, virtuele feeste en unieke inhoud wat jou verbind met jou geskiedenis, taal en kultuur.
Afrikaanse Kultuurhuis
Lees meer
My Gemeenskap
Kom gesels saam! Ons gemeenskapsgeselsforums is die plek waar jy, as deel van jou plaaslike Afrikanergemeenskap, ander Afrikaners regoor die wêreld kan ontmoet, stories kan deel, raad kan vra en mekaar se stories kan lees. Word deel van jou groeiende wêreldgemeenskap.
My Gemeenskap
Lees meer
Kinderhoekie
Welkom by die Kinderhoekie — ’n vrolike spasie vir ons jong Hartland-bewoners! Ontdek Afrikaanse stories, speletjies, liedjies en prettige aktiwiteite. Laat die kleingoed speel, leer en lag — in hul eie taal.
Kinderhoekie
Lees meer
Werk
Is jy op soek na nuwe loopbaangeleenthede of wil jy met ander Afrikaners in soortgelyke beroepe netwerk? Hier is werksgeleenthede, loopbaanhulpbronne en beroepsnetwerke – alles vir jou professionele reis.
Werk
Lees meer
Boerekos
Waar jy ook al is, proe jy huis! Hier deel ons egte Suid-Afrikaanse resepte wat jou herinner aan jou ouma se kombuis, gesellige kuiers om die eetkamertafel en braaivleisvuur. Blaai deur, kook saam, deel jou resepte en hou ons boerekoserfenis lewendig.
Boerekos
Lees meer
Entrepreneurs
Ondersteun Afrikaanse entrepreneurs, besighede en professionele mense regoor die wêreld. Of jy nou op soek is na diensverskaffers, sakegeleenthede of netwerkvennote — hier is jou gids.
Entrepreneurs
Lees meer
KOM KUIER-JEUGPROGRAM
Kom kuier saam! Hierdie program bied jongmense wêreldwyd die geleentheid om Suid-Afrika en die Afrikaanse kultuurerfenis te ontdek. Ontdek jou erfenis saam met Afrikaanse jongmense van regoor die wêreld.
Kom kuier-jeugprogram
Lees meer
Nuus
Bly op hoogte van die jongste nuus in Suid-Afrika én Afrikanergemeenskappe wêreldwyd. Lees en luister nuus, inspirerende stories en lewensverhale en sien hoe ons mense oor die hele wêreld ’n verskil maak.

Lees meerWord deel van MyHartland

Begin jou pad saam met ons. Voltooi die registrasie — maklik en vinnig.

Verken MyHartland.

Word 'n Burger van MyHartland.
Hoe? Maak ‘n finansiële bydrae – groot of klein, elke druppel help. Ontvang jou digitale Burgerskapsertifikaat.

Nooi vriende en familie na MyHartland.
Ontvang jou elektroniese burgerskapsertifikaat

Jou bydrae maak ’n verskil. Ondersteun projekte wat gemeenskappe versterk, taal en kultuur bevorder, en hoop bring vir toekomstige geslagte. Elke skenking is ’n belegging in ons gedeelde toekoms.