Skooltassies bring vreugde

Skooltassie-projek bring vir die 19de jaar hoop aan behoeftige graad 1-leerlinge Vir duisende behoeftige graad 1-leerlinge reg oor die land het die eerste skooldag van 2026 met selfvertroue en opgewondenheid begin toe hulle met ’n nuwe skooltassie op hul rug die klaskamer binnegestap het. Dit danksy Solidariteit Helpende Hand se Skooltassie-projek, wat vanjaar vir die […]
Kwartmiljoen pakke sanitêre ware help meisies skoolgaan

Solidariteit Helpende Hand se HelpHetta-projek het in sy tiende bestaansjaar ‘n belangrike mylpaal behaal. Sedert 2015 is meer as 250 000 pakke sanitêre ware ingesamel en versprei aan behoeftige skoolmeisies reg oor Suid-Afrika. Die projek is in die lewe geroep om meisies te ondersteun wat weens ‘n gebrek aan basiese sanitêre produkte skool moet misloop. […]
Ewebeeld van Krugermonument in Orania

Op 24 September begin ’n geskiedkundige reis: ’n Ewebeeld van die Paul Kruger-standbeeld op Kerkplein vertrek vanaf die Voortrekkermonument in Pretoria en bereik sy nuwe tuiste in Orania op 2 Oktober – net betyds om pres. Kruger se 200ste verjaarsdag op 10 Oktober te vier! Op Kruger se pad gaan hy by 10 gekose plekke […]
Bethlehem brei vir emosionele genesing

Solidariteit Helpende Hand se Vrystaat-streek vier ’n besonderse mylpaal met sy Beertjie-projek wat troos na minstens 383 mense gaan bring wat dit die meeste nodig het. Die Beertjie-projek is ’n inisiatief wat deel vorm van Helpende Hand se Vrystaat-streek se Emosionele Regulering-projek. Hierdie projek help kinders en volwassenes wat deur trauma, verlies of emosionele nood […]
Splinternuwe Afrikaanse bordspeletjie

Die FAK en Spoetnik het vandag ‘n splinternuwe, Afrikaanse bordspeletjie bekendgestel: Die Afrikaans 100-bordspel.♟️🃏 Spanne van die Solidariteit Beweging het die speletjie saam met ons kom inwy. Daar is lekker gelag en lekker geleer! Die speletjie is binnekort beskikbaar vir die publiek. Klik hier vir voorafbestellings: https://share.google/J1YXPwYnhJWc2rYuy
Sorggebed – lied skep hoop

Die Solidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut se nuwe lied vang die gees van die instituut vas en eer elkeen wat daagliks ’n verskil maak. Luister nou na die Sorggebed op jou gunsteling musiekplatform: https://lnkfi.re/xzNVXMaa
Wêreldklas-insigte vir plaaslike uitnemendheid

Lede van Gimnasium Pretoria en die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) het onlangs Australië en Nieu-Seeland besoek as deel van ’n internasionale leerreis. Hierdie besoek volg op vorige internasionale toere na onder meer Nederland, Finland, Spanje en die VSA. Die doel: om te leer by die wêreld se beste onderrigstelsels en insigte toe te pas in ons […]
Sol-Tech studente staan bankvas agter Dricus

Dricus “Stillknocks” du Plessis, sterkte met jou geveg teen Khamzat Chimaev! Ons hier by Sol-Tech staan bankvas agter jou en kan nie wag om jou geveg te kyk nie!
Vonke spat vir wêreldrekord-massabraaiHelpende Hand se Skooltassie-projek vier 18 jaar van hoop en ondersteuning

’n Splinternuwe, nie-amptelike wêreldrekord is op 16 Julie 2025 opgestel toe 2 300 skaaptjops (320 kg) gelyktydig op 52 braaiers gebraai is. Die kole het oor ’n afstand van 55 meter gestrek en elke braaier is deur ’n vrywilliger beman. Dit het sowat twee uur geneem om elke tjoppie perfek en sappig gaar te maak, […]
Honger vir Hoop-veldtog bring duisende borde kos én hoop

Op Wêreldhongerdag het Solidariteit Helpende Hand en Pretoria FM nie net bewusmaking geskep oor die verskillende vorme van hongersnood in Suid-Afrika nie; hulle het ook daadwerklik gehelp om die nood te verlig. Met die tema “Honger vir Hoop” is daar Woensdag landswyd ‘n beroep op die publiek gedoen om by dié reuseveldtog aan te sluit […]