Bethlehem brei vir emosionele genesing

Solidariteit Helpende Hand se Vrystaat-streek vier ’n besonderse mylpaal met sy Beertjie-projek wat troos na minstens 383 mense gaan bring wat dit die meeste nodig het. Die Beertjie-projek is ’n inisiatief wat deel vorm van Helpende Hand se Vrystaat-streek se Emosionele Regulering-projek. Hierdie projek help kinders en volwassenes wat deur trauma, verlies of emosionele nood […]