Splinternuwe Afrikaanse bordspeletjie

Die FAK en Spoetnik het vandag ‘n splinternuwe, Afrikaanse bordspeletjie bekendgestel: Die Afrikaans 100-bordspel.♟️🃏 Spanne van die Solidariteit Beweging het die speletjie saam met ons kom inwy. Daar is lekker gelag en lekker geleer! Die speletjie is binnekort beskikbaar vir die publiek. Klik hier vir voorafbestellings: https://share.google/J1YXPwYnhJWc2rYuy
Sorggebed – lied skep hoop

Die Solidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut se nuwe lied vang die gees van die instituut vas en eer elkeen wat daagliks ’n verskil maak. Luister nou na die Sorggebed op jou gunsteling musiekplatform: https://lnkfi.re/xzNVXMaa
Wêreldklas-insigte vir plaaslike uitnemendheid

Lede van Gimnasium Pretoria en die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) het onlangs Australië en Nieu-Seeland besoek as deel van ’n internasionale leerreis. Hierdie besoek volg op vorige internasionale toere na onder meer Nederland, Finland, Spanje en die VSA. Die doel: om te leer by die wêreld se beste onderrigstelsels en insigte toe te pas in ons […]